Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 80

ROOIVLAKTE BOERDERY | DIVERSIFIKASIE

het. Volgens Noël het hulle vir’ n ysbergslaaikop’ n dekade gelede tussen R7 en R8 gekry teenoor die huidige prys van R12 tot R13. Ook brassikas se pryse het met slegs 60 % in dieselfde tydperk gestyg.“ Dit is dus belangrik dat boerderypraktyke aangepas word ten einde beter produksie te realiseer.” Faktore soos variëteite wat hoër produksie lewer, behoorlike grondbewerking, goeie spuitprogramme en natuurlik innovasie kan tog hierin’ n positiewe rol speel.

Waardetoevoeging bring dikwels groter besparings mee. Hulle het begin om die swakker gedeeltes van die brassikas, wat nie aan die kettingwinkels se spesifikasies sou voldoen nie, weg te sny en eerder mengsels te verpak.

Onder: Brassikas en slaai word vir die volle 12 maande van die jaar aangeplant.

80 GROND TOT MOND JUN 2026