DIVERSIFIKASIE | ROOIVLAKTE BOERDERY
Dit geld ook vir die slaaie. Produkte buite spesifikasie word net in slaaimengsels verpak. Dit is wel meer arbeidsintensief, want gedeeltes moet weggesny of opgesny word, maar dit stoot die rand per ha op, sê Noël.
“ Innovasie kan’ n positiewe rol speel om beter produksie te realiseer.”
PLAASLIKE SITRUSMARKTE SKEP VERDERE WAARDE
Die uitvoersitrus word deur die verpakkers na Gqeberha vervoer, vanwaar dit uitgevoer word. Sitrus wat nie vir uitvoer geskik is nie, keer terug na die plaas, waar dit vir plaaslike binnelandse markte verpak word. Die boerdery hanteer self die bemarking en sny só’ n ekstra middelman uit. Daar word ook op vervoer bespaar, aangesien dieselfde vragmotors wat vir die slaai en brassikas gebruik word, ook sitrus kan vervoer.
Die Le Roux-broers koop omliggende boere se sitrus aan om hul getalle vir lewering aan die kettingwinkels vol te maak.“ Dit is ook vir die plaaslike boere meer winsgewend, want ons betaal op dié stadium vir sekere lyne R3 / kg teenoor die R0,30 / kg wat hulle sou kry as hulle dit aan versappingsaanlegte sou verkoop,” aldus Noël.
Die sitrus word in groottes van 500 g tot 2,5 kg verpak. Die pakhuis is vir 12 maande van die jaar in
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 85