Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 79

DIVERSIFIKASIE | ROOIVLAKTE BOERDERY

PRYSONDERHANDELINGE WORD DIREK GEVOER

Wat die groente betref, word daar weekliks oor prys onderhandel. Hoewel die meeste kettingwinkels’ n someren winterprys vasmaak, kan prysaanpassings wel plaasvind solank dit’ n goeie gemiddelde prys is wat vir albei partye werk.

In’ n geval soos nou, waar insetpryse soos dié van brandstof geweldig gestyg het, kan daar onderhandelinge plaasvind, maar die ketting-groepe is minder geneë om in sulke tye drastiese veranderinge aan te bring. Dit beteken dat die produsent in’ n mate van die hoë insetkoste self moet absorbeer. Dit gaan natuurlik ook oor vraag en aanbod.

Produkpryse het wel oor die jare gestyg, maar’ n mens sou graag wou sien dat dit minstens ná 10 jaar verdubbel

Onder: Sommige kettingwinkels kom laai self die produkte op, terwyl ander na’ n verspreidingspunt in Gqeberha vervoer word.

JUN 2026 GROND TOT MOND 79