ROOIVLAKTE BOERDERY | DIVERSIFIKASIE
Bo: Veelkleurige verpakkings met groente wat dadelik die oog vang, word volgens elke kettingwinkel se spesifikasies verpak.
van plant tot oes. In die winter neem dit nege weke. Hulle verskaf die saad aan’ n nabygeleë kwekery, wat die plantjies dan vir hulle kweek totdat dit vier weke oud is in die somer en vyf weke oud in die winter. Die plantjies word in verskillende blokke uitgeplant. Sowat ses weke daarna is dit gereed om geoes te word.
Die slaai en brassikas word met die hand gesny en in oeskratte na die pakhuis vervoer. Daar word dit gesny, verwerk en, volgens grootte, gewig en kleur soos voorgeskryf, in elke kettingwinkel se verpakkingsmateriaal verpak. Inligting soos prys en vervaldatums word reeds in die pakhuis op die produkte, volgens die kettingwinkels se voorskrifte, geplak. Dit is van uiterste belang dat hulle binne die spec-lyne van elke winkel bly.
78 GROND TOT MOND JUN 2026