Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 76

ROOIVLAKTE BOERDERY | DIVERSIFIKASIE

Die Le Roux-broers sê hulle sal nooit net sitrus of net groente plant nie, want diversifisering is baie belangrik in enige boerdery. Produksie klop prys, meen Noël.“ Ten einde jou markaandeel te kan behou, moet jy konstant op die rakke wees om die vertroue van die kettingwinkels te behou.”

DEURLOPENDE KULTIVARPROEWE MAAK EKONOMIES SIN

Gareth Taylor, hoofbestuurder, werk reeds 21 jaar lank op die plaas, en hy en Matthew is onderskeidelik verantwoordelik vir die slaaie en brassikas. Dit is’ n deurlopende proses om proewe met nuwe variëteite te doen om te sien wat geskik is vir die area, asook vir die tyd van die jaar waarin die aanplantings gedoen word.

Tans is daar 200 mense in die lande en boorde werksaam, en in die pakhuis is daar 100 werknemers. Dit is veral tussen die slaaie en brassikas dat’ n mens met on-

76 GROND TOT MOND JUN 2026