DIVERSIFIKASIE | ROOIVLAKTE BOERDERY
Hulle het altesaam 60 ha sitrus onder nette, maar beplan om in die toekoms meer netstrukture op te rig. Een voordeel is dat hulle minstens 20 % meer uitpakke het. Netstrukture is’ n duur uitgawe en kos na beraming sowat R250 000 per ha.
Uitdagings wat netstrukture die hoof bied, is meestal windskade, hoewel hulle reeds vanjaar twee keer hael gehad het.“ Ons ken dit nie hier nie, maar die nette het ons gered. Wind kan groot skade aan die vrugte veroorsaak, veral op die hoërliggende gebiede. Natuurlik wil ons geen merke op die uitvoerprodukte hê nie, so die nette help geweldig met’ n uitvoerproduk van beter kwaliteit.”
“ Ten einde jou markaandeel te kan behou, moet jy konstant op die rakke wees om die vertroue van die kettingwinkels te behou.”
Hulle volg voorkomende spuitprogramme om te verseker dat die sitrus en brassikas so ver as moontlik siektevry bly. Korrekte boerderypraktyke en kunsmisprogramme is van kardinale belang ten einde gesonde produkte te kan lewer, maar ook winsgewend te kan bly. Wisselbou word toegepas soos die ha dit toelaat, juis omdat produkte van dieselfde familie nie jaarliks op dieselfde grond geplant kan word nie.
ONS SPESIALISEER IN: Grond Damme | Sement Reservoirs | Sink Damme
LEOCODAMME
H D P E D A M L I N I N G S O L U TI O N S
LEON: 082 808 6344 | WWW. LEOCODAMME. CO. ZA
LEOCO DAMME VIER
25 JAAR SE BESTAAN DEUR UITSONDERLIKE DIENS
OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 79