DIVERSIFIKASIE | ROOIVLAKTE BOERDERY
SITRUS IS’ N GROOT KOMPONENT VAN DIE BOERDERY
Die sitrusseisoen strek vanaf April tot September en begin met Satsumas,’ n mandaryn( sagte sitrus), dan volg Clementines, Nadorcott, laat Navels en Midknights. Die seisoen eindig gewoonlik met Star Ruby( pomelo’ s). Suurlemoene en lemmetjies word in plaaslike markte verkoop.
Klimaat speel natuurlik’ n groot rol by sitrus sowel as by slaaie en brassikas. Die Gamtoosvallei se klimaat is baie gematig, met somertemperature tussen 25 ° C en 32 ° C, en is nie so ekstreem soos in baie ander dele van die land nie. Die area het ook nie’ n spesifieke reënseisoen nie, wat beteken dat die Le Roux-broers vir 12 maande van die jaar slaai en brassikas kan plant.
Tussen 2014 en 2022 het die Gamtoosvallei egter die ergste droogte in die geskiedenis gehad. Hoewel die
Onder: Charmaine Kritzinger is die pakhuisbestuurder en maak seker dat die verpakking van die verskillende produkte seepglad verloop.
JUN 2026 GROND TOT MOND 73