ROOIVLAKTE BOERDERY | DIVERSIFIKASIE
NUWE MARKTE DRYF GROEI
Die besigheid het egter baie vinniger gegroei as wat hulle verwag het en vier jaar later moes hulle’ n pakhuis oprig waar hulle die groente kon verwerk en verpak.’ n Verspreidingsaanleg in Gqeberha, in samewerking met die Spar-groep en nog’ n paar ander boere, het gevolg. Vandag lewer hulle aan Spar, die Shoprite-groep, Food Lover’ s Market, Woolworths en Pick n Pay. Hulle voorsien winkels in die Oos- en Wes-Kaap, asook Shoprite in die Vrystaat en Gauteng.
“ In 2000 het ons nog vroegoggend die produkte met bakkies afgelewer. Nou lewer ons daagliks sowat 100 palette met vragmotors by die verspreidingsaanleg af,” sê Noël.
“ Ten einde jou markaandeel te kan behou, moet jy konstant op die rakke wees om die vertroue van die kettingwinkels te behou.”
Die Le Roux-broers plant agt verskillende produkte wat in verskillende snitte en mengsels verpak word. In die somer word 50 ha suikermielies geplant, asook 40 ha pampoene. Dit help onder meer om te verseker dat blaarslaai en brassikas nie jaar na jaar op dieselfde grond geplant word nie. Om hierdie rede word daar ook hawer of groen blaarbedekkings geplant, wat dan weer in die grond ingewerk word.
Noël vertel dat hulle die afgelope 12 jaar sitrus op die ouer gronde, waarop daar al baie geplant is, begin vestig het. Vandag beslaan die sitrus sowat 200 ha.
72 GROND TOT MOND JUN 2026