DIVERSIFIKASIE | ROOIVLAKTE BOERDERY
Etienne en Noël le Roux boer vandag saam met Matthew, Etienne se seun, op sowat 450 ha. Die boerdery het oor die jare van’ n groenteprodusent tot’ n gediversifiseerde onderneming gegroei wat slaai, brassikas, suikermielies, pampoene en sitrus produseer.
Die bemarkingsgaping wat hulle in die mark gesien het, het daartoe gelei dat hulle in 2000 hul eie bemarking begin doen het. Aanvanklik het hulle net aan Spar bemark, maar dié besluit het later die deur na groter markte oopgemaak.
Onder: Rooivlakte Boerdery by Patensie is’ n groot verskaffer van slaai en brassikas aan groot kettingwinkels. Die bestuurspan is van links Etienne le Roux, sy seun Matthew, Noël le Roux en Gareth Taylor.
JUN 2026 GROND TOT MOND 71