WAARDEKETTING | SIAS EN LISA REYNOLDS
Wat die klassering van wol betref, word daardie opleiding deur Sias self, produsenteorganisasies soos NWK en indiensopleiding verskaf. Agente van BKB kom egter om toe te sien dat die klassering korrek gedoen word en die hoogste standaarde gehandhaaf word. Met’ n gedugte span soos Sias, Lisa, Ruaan en die res van hul werkers is dit nie te gewaagd om te glo dat hulle omtrent enige uitdaging kan oorkom nie.
Bo: Willem Jafta is een van Sias se werkers wat deur opleiding en verantwoordelikheid sy volle potensiaal bereik.
JUN 2026 GROND TOT MOND 69