SIAS EN LISA REYNOLDS | WAARDEKETTING
“ Ek glo egter die probleem is nie juis gegrond op die bedrag wat jy die arbeiders betaal nie. Die fokus moet eerder op die verkryging van gehaltearbeid wees. Die ander probleem is dat dit nie koste-effektief is wanneer jy’ n werker indiensopleiding moet gee nie.” Volgens Sias word baie plaaswerkers, soos syne, goed na omgesien en aspekte wat gereeld nie in berekening gebring word nie, is die bykomende voordele soos behuising, water, elektrisiteit en soms vleis wat voorsien word.“ Ek het al omtrent sewe van my werkers gehelp om byvoorbeeld bestuurslisensies te kry. Onthou, indien jou mense agter die stuur van’ n bakkie klim, moet die bestuurder’ n lisensie hê. Die ander ding is dat jy jou trekkerbestuurders ook moet leer hoe om daardie implemente veilig en verantwoordelik te hanteer.”
Onder: Alex Ndoni( aka Fana) weet dat goeie skeerwerk met’ n skerp lem en vaardige hande begin.
68 GROND TOT MOND JUN 2026