Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 67

WAARDEKETTING | SIAS EN LISA REYNOLDS

’ N SKEERSPAN MET’ N LANG GESKIEDENIS

Terug na die skaapskeerdery. Sias laat weet hulle skeer hierdie tyd van die jaar, in Maart, vir’ n maand en’ n totaal van drie tot vier maande per jaar, en dus word die skeerspan vir’ n redelike lang tyd besig gehou.“ Skeer is altyd seisoenaal en hierdie span wat ek gereeld gebruik, kom uit Aberdeen. Dit is dus’ n privaat span. Die wolklasser se pa het jare lank vir my pa geskeer. En die seun het gereeld saamgekom en dus het ons omtrent saam grootgeword. Boonop is hy getroud met die dogter van een van my pa se werkers. Dus het ons’ n lang geskiedenis saam.” Vele van die huidige werkers het ook saam met Sias grootgeword en is op die plase in diens. Alhoewel Sias glo sy benadering tot die werkverhouding met sy werkers miskien as ongewoon sou voorkom, beskou hy en sy span mekaar as familie en probeer hulle almal om mekaar na die beste van hul vermoë in ag te neem. Arbeid in landbou is gereeld’ n turksvy.

JUN 2026 GROND TOT MOND 67