Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 66

SIAS EN LISA REYNOLDS | WAARDEKETTING

“ In hierdie gebied is die grond nie so uitgeloog nie en dus is daar baie minerale soos koper wat in die bossies vir die skape beskikbaar is. Volgens wetgewing moet daar’ n sekere hoeveelheid koper in die voer gesit word, maar hier gebeur dit dat jy die diere oor die grens kan druk.” Die wêreld om Sias se plaas, waar ons nou is, is aansienlik natter as verder ondertoe, in Beaufort-Wes se rigting. Sias reken dit het onlangs baie goed gereën en hierdie plato kan as die spons van die Karoo gesien word.“ Dit is hier waar die water versamel en sodoende die ondergrondse are voed. Daar is’ n mooi gesegde van Ticky van Wyk:‘ Hier op die berg besproei jy net met water wat jy kan sien en glad nie met ondergrondse water nie.’”

Bo: Ná vele omswerwings pluk Sias vandag die vrugte van sy werk in gehalte-merinowol.

66 GROND TOT MOND JUN 2026