Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 63

WAARDEKETTING | SIAS EN LISA REYNOLDS

Diereproduksie en veebestuur is Ruaan se forte, en dit behels die bestuur van die merino’ s se weiding asook hul wol. Die water moet in ag geneem word, en natuurlik is die lammers van uiterste belang.“ Dus moet jy kan sien of jy genoeg weiding en water het vir die getal lammers wat jy in die komende jaar moet grootmaak. En dan moet jy ook na die gehalte van die wol kyk.” Vir weidingsbestuur span Sias en Ruaan die wawielstelsel in.“ Dit bestaan uit kampies waar die skape van een kamp na’ n ander verskuif word. Jy moet kyk dat jou weiding nie te kort gevreet word nie. Veral sekere bossies soos die Karoobossie. Dan kry ons ook hier bossies wat gif in hulle het. Die skape gaan nie die gifbosse eerste vreet nie, maar sodra die ander bossies opgevreet is, gaan die skape hulle vreet.” Sias is gereed om tyd vir sy besoekers af te knyp.

Bo: Ruaan Ludick is’ n bekroonde landbouwerker met’ n besondere kundigheid in diereproduksie en veebestuur.

JUN 2026 GROND TOT MOND 63