Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 62

SIAS EN LISA REYNOLDS | WAARDEKETTING

MENSE, MERINO’ S EN GOEIE BESTUUR

Sias en sy werkers is besig om op een van sy plase merinoskape te skeer en vir die leek lyk alles na chaos. Kyk egter nader en jy besef hier is orde en die fynste beplanning. Sias is uiteraard aan die stuur van hierdie komplekse vaartuig en is tans dolbesig. Dus gesels ons intussen met Ruaan Ludick. Hy is een van Sias se voorste werkers en het in 2022’ n prys vir diereproduksie en veebestuur gewen. Ruaan:“ My pa was’ n plaaswerker en nadat ek in 2012 skool klaargemaak het, het ek op’ n plaas begin werk waar ek skape en boerbokke opgepas het. Later het ek op’ n ander plaas begin werk waar ek van merino’ s geleer het. Toe, in 2018, met die droogte, het ek hier begin. En ek het plaaswerk geniet. Ek dink dit is in my bloed.”

Onder: Alex Ndoni( aka Fana) is deel van die ervare skeerspan wat reeds jare lank saam met Sias werk.

62 GROND TOT MOND JUN 2026