Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 61

Bo: Lisa saam met Theressa Snell en Pauline Myburgh,’ n span wat met hart en hande saamwerk.

“ Ek is beslis nie’ n boervrou nie. Ek is’ n boer se vrou. In my hart en siel is ek’ n stadsmeisie en toe ek die eerste keer hier aangekom het, was ek geskok oor hoe klein die plekkie is.” Wat egter hier van belang is: Sias is’ n veselboer met skape en angorabokke en ontvang bloot’ n paar keer per jaar inkomste – uit skaapwol, bokhaar en vleis. Die denkende boer weet dat’ n meer gereelde inkomste ligjare beter is. Maar hoe gemaak? En dit is hier waar die denkende boer se denkende vrou in die prentjie verskyn. Lisa se gastehuis, koffie- en geskenkwinkel vul daardie leemte. Dit is nou nie te sê Sias het die ekstra inkomste nodig nie, maar elke bietjie help natuurlik. En dit bied Lisa finansiële onafhanklikheid. Nietemin, Lisa en Sias het twee seuns.“ Nie een van hulle stel enigsins belang om’ n dokter te word nie. Hulle wil net motorfiets ry.” Gesonde en gebalanseerde jong manne wat straks eerder wil boer.

JUN 2026 GROND TOT MOND 61