SIAS EN LISA REYNOLDS | WAARDEKETTING
“ Die plan is ook om my eie produkte te ontwikkel en dan later’ n aanlynwinkel te begin om sodoende die‘ Karoo’ in’ n pakkie by enige adres te kan aflewer.” Kerse, skaap- en beesvelprodukte en bokhaaritems is van die gewildste produkte wat by Beautiful Betty verhandel word. Griet wil verder weet wat van die mees ongewone produkte is waarvan Lisa weet.“ Unieke travel posters van die omgewing en suiwer skaapwolprodukte. Een van die vroue se huiswerker het skaapvel-offcuts geneem en warmwatersak-covers gemaak.”
NIE’ N BOERVROU NIE, MAAR’ N BOER SE VROU
Lisa se man, Sias, boer myle buite die dorp op pad na Loxton en Lisa tref hier’ n daadwerklike onderskeid.
Onder: Beautiful Betty bied unieke produkte wat deur kreatiewe Karoo-makers vervaardig word.
60 GROND TOT MOND JUN 2026