Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Seite 59

WAARDEKETTING | SIAS EN LISA REYNOLDS

Griet du Plessis is ons alombeminde uitgewer en boonop’ n bemarkingsdeskundige. Daarom neem sy hier oor. Met die intrapslag wil Griet hoor hoe plattelandse vroue hul handgemaakte produkte kan bemark en verkoop. En bemarking word nie verniet as’ n duistere kuns beskou nie. Vervolgens voeg Griet die volgende by: Daar is uiteraard baie vroue op plase wat voel daar is nie genoeg werk vir al die plaaswerkers se vroue nie en hul eie kinders is heel moontlik in die koshuis. En natuurlik is daar die moontlikheid van bykomende inkomste.“ Ek sien baie maal nuwe produkte op sosiale media en elders raak en kontak dan die makers daarvan. En so het ek reeds’ n klomp vrouemakers wat glad nie’ n ander platform het waarop hulle hul ware verkoop nie. Ek hoop Beautiful Betty kan Karoo-inwoners stimuleer om nog meer kreatief te wees en unieke kwaliteitsprodukte te ontwikkel.

Links: Lisa bied sorgvuldig uitgesoekte produkte met’ n besondere Karoovoetspoor aan. Regs: Beautiful Betty se boekrak bied ook iets om die gees te verryk.

JUN 2026 GROND TOT MOND 59