Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | страница 58

SIAS EN LISA REYNOLDS | WAARDEKETTING

BEAUTIFUL BETTY KRY LEWE

Die huis waarin Beautiful Betty gehuisves word, was die eiendom van ene tannie Bettie Smit en was ook voorheen’ n losieshuis.“ Sy was’ n geliefde inwoner van die dorp en onderwyseres by die skooltjie hier langsaan. Tannie Bettie en my skoonma was baie goeie vriendinne. Tannie Bettie het hier aangebly en was soos’ n ouma vir ons kinders.” Nadat tannie Bettie oorlede is, besluit Lisa om die eiendom in’ n gastehuis en koffiewinkel te ontwikkel, asook om’ n Karoogeskenkwinkel te skep waar met die hand uitgesoekte plaaslike produkte met’ n Karoovoetspoor te koop aangebied word.“ In jou soeke na produkte tel jy baie leidrade langs die pad en via die internet op – en ook deur mond-tot-mondreklame. Dan kontak ek die mense en bied hul unieke produkte op my rakke aan.”

Bo: Beautiful Betty kombineer’ n gastehuis, koffiewinkel en geskenkwinkel met rustige Karoo-tuine.

58 GROND TOT MOND JUN 2026