WAARDEKETTING | SIAS EN LISA REYNOLDS
Indien jy dink Beaufort-Wes is bloot’ n deurweg vir hordes stadige en rokende vragmotors, professor Christiaan Barnard se geboortedorp en die plek waar’ n bekende digter / sanger en sy beminde op grafte en op treine, op’ n Ford Fairlane se agtersitplekke gevry het en nou nie meer kan slaap en mekaar nie meer kan soen nie, dink weer. Bo en behalwe Antoinette Pienaar, wat haar helende kruie daar verbou, is mediese dokter Lisa Hugo- Reynolds van die inspirerende Beautiful Betty ook’ n formidabele teenwoordigheid.
Die logiese vraag aan Lisa is: Sou sy nie verkies om, soos haar dorpsgenoot Chris Hart, eerder te spesialiseer nie? Die antwoord is tweeledig. Lisa is nie’ n boorling van hierdie geweste nie en sy het aanvanklik beplan om slegs vir drie maande op die dorp gemeenskapsdiens te doen en daarna in Engeland as mediese dokter te gaan werk. Drie faktore gooi haar planne van koers af.’ n Hond.’ n Huis. En’ n nuwe liefde.’ n Formidabele kombinasie. Lisa:“ Dit is alles die hondjie se skuld. Jammerlik is die hondjie nou nie meer met ons nie. Maar’ n hondjie het’ n tuin nodig om in te speel. Daarom’ n Karoo-huis. En toe volg’ n Karoo-boer wat my hier laat bly het.” Die lewe van’ n mediese dokter op’ n klein dorp kan baie woelig word.“ Almal ken mekaar en gereeld doen jy konsultasies sommer tussen die vrugte en groente in winkels. Ek is egter tans nie’ n voltydse GP nie, maar doen gereeld locumwerk.”
EIENAARS: Sias en Lisa Reynolds AREA: Beaufort-Wes, Wes-Kaap OPSOMMING:’ n Familieboerdery oor drie plase wat op merino-skape, angorabokke en lusern fokus. Lisa se Beautiful Betty-gastehuis, koffiewinkel en Karoo-geskenkwinkel voeg’ n toerisme- en kleinhandelbeen by wat unieke plaaslike produkte en makers ondersteun.
JUN 2026 GROND TOT MOND 57