Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 64

SIAS EN LISA REYNOLDS | WAARDEKETTING

Hy vertel dat die familietrust se hoofplaas, waar die meeste van hul boerdery plaasvind, Kamferskraal van ongeveer 13 000 hektaar is en dat sy oupa die grond om en by 1939 bekom het. Voordat Sias kom boer het, het hy eers verskeie draaie geloop. Sias:“ Na skool was ek vir twee jaar in Londen, waar ek eers as tuinier gewerk het en daarna by’ n maatskappy wat voertuie en ander toerusting aan filmstelle verhuur het. Daarna is ek terug plaas toe en toe na Stellenbosch om bemarking te studeer.” Na nog verdere omswerwings, wat onder andere meubelverkope ingesluit het, keer Sias terug en besluit hy en Lisa om eerder op die dorp as op die plaas hul tuiste te maak.

DRIE PLASE EN’ N LANG FAMILIETRADISIE

Die boerdery bestaan uit drie verskillende plase: die familieplaas Kamferskraal, Avondale by Nelspoort en Booiskraal in die Nuweveldberge, wat ons vandag besoek. Hier word met merinoskape geboer. Op die ander twee plase word gemeng geboer met merino’ s, angorabokke en lusern.“ Die jong skape laat ons vir die eerste keer op Kamferskraal teel om seker te maak ons kry’ n geskikte speenpersentasie. Daarna word hulle na Booiskraal verskuif, waar ons meer ekstensief met hulle boer.” Die gebied vanaf Beaufort-Wes in die rigting van Loxton is by uitstek merinowêreld. Daar is egter een kuttel in die drinkwater, natuurlik bo en behalwe rooikatte, jakkalse, droogte en diefstal, en dit is kopervergiftiging.

64 GROND TOT MOND JUN 2026