NUUS | BROKKIES
Die Karoo Winter Wool Festival keer op 3 en 4 Julie 2026 vir die vyfde keer terug na Dwarsvlei,’ n werkende skaapplaas sowat 15 km buite Middelburg in die Oos-Kaap. Die fees bring wolprodusente, telers, verwerkers, ontwerpers, kunstenaars en verbruikers op een terrein bymekaar. Die doel is om wol nie net as’ n landboukommoditeit te vier nie, maar om die hele waardeketting sigbaar te maak – van die skaap op die plaas tot die finale mode-, kuns- en leefstylproduk.
32 GROND TOT MOND JUN 2026