BROKKIES | NUUS
Die Karoo is een van Suid-Afrika se belangrikste wolproduserende streke, maar die meeste verbruikers sien slegs die eindproduk op’ n winkelrak. Die fees wys hoeveel mense, kennis en vaardighede deel vorm van wol se reis.
Besoekers kan sien hoe wol geskeer en hanteer, gespin, gekleur en geweef word. Hulle kry ook’ n blik op hoe dié natuurlike vesel in mode, kuns, dekor en velsorgprodukte gebruik word en nuwe inkomstegeleenthede vir landelike ondernemings skep. Die fees versterk terselfdertyd agritoerisme deur besoekers na Middelburg en omliggende plase te lok, waar hulle egte Karoo-gasvryheid kan ervaar.
MEER WAARDE VIR WOLBOERE
Vir wolprodusente bied die fees meer as blootstelling. Dit skep’ n ontmoetingsplek waar boere met rolspelers verder af in die waardeketting kan skakel, verbruikersneigings beter kan verstaan, gesprekke oor tegnologie, volhoubaarheid en die toekoms van wolproduksie kan voer, en nuwe kontakte
JUN 2026 GROND TOT MOND 33