Die sorghumskatting het vanaf die vorige maand met 5,97 % tot 149 053 ton toegeneem. Dit bly egter ongeveer 3,2 % laer as die finale oes van 2025.
Droëbone se produksieskatting het onveranderd op 79 450 ton gebly. Dit is sowat 12,3 % minder as die 90 556 ton wat in 2025 geoes is.
Positiewe seisoen met belangrike verskille
Die jongste skatting bevestig’ n sterk somergewasjaar, aangevoer deur rekordmielieen sojaboonoeste en’ n aansienlike herstel in sonneblomproduksie.
Vir die voermark is die prentjie egter nie eenvormig nie. Die groter totale mielie- en sojaboonoeste bied positiewe seine, terwyl die kleiner geelmielie-oes teenoor verlede seisoen steeds belangrik vir veeprodusente en voerformuleerders sal wees.
Die volgende produksieskatting vir somergewasse word op 25 Junie 2026 uitgereik.
Bron: Oesskattingskomitee, vierde produksieskatting vir somergewasse, 26 Mei 2026.