Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 28

HANDIG & NUTTIG

HANDIG & NUTTIG

Uit Beautiful Betty se boonste rakke

Elke produk op dié bladsye kom van’ n verskaffer aan Beautiful Betty, Lisa Hugo-Reynolds se gastehuis, koffie-winkel en Karoo-geskenkwinkel in Beaufort-Wes. Saam weerspieël hulle die kreatiwiteit, vakmanskap en besondere karakter van die Karoo.

Gouws Blom Karoo Koffiekoppies

Handgemaakte koffiekoppies wat die gees van die Karoo vasvang. Elke 250 ml koppie, gemaak deur Bernard Opperman van Klei Ceramic Studio, vier die streek se unieke plante – van turksvy tot noem-noem en witgatboom – met fyn vakmanskap en’ n fokus op volhoubaarheid. Gouws Blom bring Karoo-plante, stories en plaaslike kreatiwiteit saam in produkte wat streekserfenis op’ n vars manier vier.

R100 elk – gouwsblom. com

28 GROND TOT MOND JUN 2025