Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 26

NUUS | BROKKIES

Dit is die grootste sojaboonoes wat nog in Suid-Afrika aangeteken is en sowat 3,97 % meer as die 2,8 miljoen ton van 2025.

Altesaam 1,21 miljoen ha is onder sojabone aangeplant, met’ n verwagte gemiddelde opbrengs van 2,40 t / ha.

Die groter oes is betekenisvol vir die plaaslike veevoeren oliepersbedryf, aangesien sojabone en sojaboonoliekoek belangrike plaaslike proteïenbronne is.

Die Vrystaat sal na verwagting die grootste bydrae lewer, met’ n oes van bykans 1,4 miljoen ton. Mpumalanga volg met ongeveer 660 450 ton en Noordwes met 453 750 ton.

Sonneblom herstel sterk

Die vooruitsigte vir sonneblomsaad het ook aansienlik verbeter. Die jongste produksieskatting staan op 877 680 ton, wat 56 050 ton meer is as die vorige skatting. In vergelyking met die 2025-oes van 708 635 ton, verteenwoordig dit’ n toename van byna 24 %. Die groter oes word vanaf’ n aangeplante oppervlakte van 570 100 ha verwag, met’ n gemiddelde opbrengs van 1,54 t / ha.

Die Vrystaat bly die grootste sonneblomproduserende provinsie, gevolg deur Noordwes en Limpopo.

Gemengde prentjie vir kleiner gewasse

Die verwagte grondboonoes is skerp afwaarts aangepas. Die jongste skatting van 57 798 ton is 16,67 % laer as die vorige raming en sowat 8,76 % kleiner as die 2025-oes.

28 GROND TOT MOND JUN 2026