NUUS | BROKKIES
Richard se onderneming funksioneer in’ n produksiegebied wat bekend is vir sy hoëgehalte sagtevrugte. Appelen peerproduksie verg noukeurige beplanning, goeie tegniese bestuur en die vermoë om by veranderende mark- en produksietoestande aan te pas.
Sy visie is om’ n volhoubare landboubesigheid te bou wat groei, mense ontwikkel en oor die lang termyn waarde skep. Hy wil die onderneming se aangeplante oppervlakte tot sowat 300 ha uitbrei, ouer boorde vernuwe en’ n werknemergerigte handelsmerk bou. Omdat vrugteproduksie arbeidsintensief is, glo Richard’ n gemotiveerde en vaardige span is een van’ n landbouonderneming se belangrikste bates. Die ontwikkeling van mense vorm daarom’ n sentrale deel van sy planne vir toekomstige groei.
“ Die toekoms van landbou in Suid- Afrika is baie blink.”
Hoewel tegnologie volgens Richard die volgende geslag boere se hand verder sal versterk, bly samewerking vir hom die belangrikste sleutel tot vooruitgang.
“ My rol as’ n leier van jong boere in Suid-Afrika is om mense te help saamwerk,” sê hy.“ As ons kan saamwerk, is daar niks wat ons nie kan oorkom nie.”
Hy glo ook die landbousektor moet sy goeie stories oor uitvoere, werkskepping, groei en mense wat saam aan’ n sterker Suid-Afrika bou, beter vertel.
“ Daar is soveel goeie stories daar buite,” sê Richard.“ As ons ons suksesse kan deel, kan ons dinge in Suid-Afrika laat werk.”
20 GROND TOT MOND JUN 2026