Anton is’ n derdegeslagboer wat Astro-boerdery in die Hendrina-distrik saam met sy pa, Anton Pelser sr., bestuur.
Die onderneming is op Broodsnyersplaas in die Mpumalanga-Hoëveld gevestig en bestaan uit’ n omvangryke saaiboerdery en die Astro Angus-stoetery. Anton verteenwoordig die Broodsnyersplaas-boerevereniging.
Die kombinasie van gewasproduksie en stoetveeboerdery vereis uiteenlopende bestuursvaardighede. Anton moet onder meer produksiebeplanning, hulpbronne, personeel, finansies en die langtermynontwikkeling van albei vertakkings bestuur.
As derdegeslagboer bou hy voort op die kennis en ervaring wat oor dekades in die familie opgebou is. Terselfdertyd pas hy moderne bestuur, tegnologie en strategiese besluitneming toe om die onderneming mededingend en volhoubaar te hou.
# britspoles
Quality Timber Products
Quality Timber Farmers can Trust 012 944 7060 www. britspoles. co. za