Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 19

BROKKIES | NUUS

as Agri Mpumalanga se Jongboer van die Jaar gekroon is. Later vanjaar sal hulle teen die wenners van Agri SA se ander provinsiale affiliasies in die Toyota SA / Agri SA Nasionale Jongboer van die Jaar-kompetisie meeding.

Omdat verskeie provinsiale kompetisies nog afgehandel moet word, word die volledige nasionale deelnemerslys eers later gefinaliseer. Richard en Anton is egter reeds deel van die groep provinsiale wenners wat om een van Suid- Afrikaanse landbou se bekendste jongboertitels sal meeding.

“ Vir jong produsente gaan die kompetisie oor meer as boerdery— dit gaan oor visie, leierskap en volhoubare groei.”

Die kompetisie bied aan jong produsente die geleentheid om nie net hul boerderye ten toon te stel nie, maar ook hul bestuursvernuf, leierskap en visie vir die toekoms van die sektor.

RICHARD SIEN’ N BLINK TOEKOMS

“ Die toekoms van landbou in Suid-Afrika is baie blink.”

Só sê Richard, wat in die Elgin-Grabouw-omgewing met appels en pere boer. Volgens hom bring jong produsente nuwe energie, vars denke en’ n sterk bereidwilligheid om oplossings vir die uitdagings in landbou te vind.

OKT | NOV 2025 GROND TOT MOND 21