DIE BOEKEBLAD
“ Dit is die eerste boek van hierdie aard en dus’ n versamelaarsitem vir alle liefhebbers van Sauvignon Blanc,” sê Elunda Basson, voorsitter van Sauvignon Blanc South Africa, wat die boek in samewerking met Tip Africa Publishing uitgee.
“ Lesers kan uitsien na’ n besonderse leefstyl- en wynboek en’ n boeiende leeservaring met 100 stories oor die mense en streke wat die kultivar oor die jare gevorm het – en steeds vorm. Ons het heelwat onvertelde stories opgeteken om die geskiedenis vir die volgende geslag te bewaar.”
Het jy geweet?
Die eerste Sauvignon Blanc het reeds in die 1880’ s op Groot Constantia gegroei, maar dit was eers sowat’ n eeu later, in 1977, dat kommersiële Sauvignon Blanc in Suid- Afrika gemaak is.
“ Die kultivar het deur die jare’ n enorme rol in die bedryf gespeel.”
Die vader van Pinotage, prof. Abraham Izak Perold, het ook’ n sleutelrol in die geskiedenis van Sauvignon Blanc gespeel. Tussen 1912 en 1916 het hy 177 druifkultivars oorsee versamel en na Suid-Afrika gebring, waaronder Sauvignon Blanc.
Dit is op Welgevallen by Stellenbosch geplant en later op die Landbou-navorsingsraad se proefplaas Nietvoorbij herplant – die oorsprong van die bekende Weerstasiekloon, waaruit sowat 90 % van plaaslike Sauvignon Blancaanplantings afkomstig is.
JUN 2026 GROND TOT MOND 113