Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 114

DIE BOEKEBLAD

Volgens Danie de Wet van De Wetshof het hy in 1973 –“ nie-amptelik natuurlik” – plantmateriaal van die Weerstasie-kloon bekom. Nietvoorbij kon destyds weens streng regulasies nie materiaal aan private produsente verskaf nie. De Wetshof se eerste kommersiële oes van 3 000 liter het in 1979 gevolg, twee jaar nadat die eerste kommersiële wyn op Verdun, nou Asara Wine Estate, gemaak is. En in 1984 het De Wetshof die trofee vir die kampioenwitwyn op die Suid-Afrikaanse Jongwynskou met sy Sauvignon Blanc gewen! Danie de Wet, wat as Suid-Afrika se pionier van witwynkultivars beskou word, sê Sauvignon Blanc het nuwe energie na die Suid-Afrikaanse wynbedryf gebring.“ Toe Sauvignon Blanc op die toneel verskyn, was dit’ n vars bries wat almal verwelkom het. Die kultivar het deur die jare’ n enorme rol in die bedryf gespeel en vandag is dit’ n belangrike ambassadeur vir die gehalte van Suid- Afrikaanse wyne oorsee.‘ n Boek oor só’ n groot kultivar is baie waardevol vir wyntoerismebesoekers wat in ons kos en wyn belangstel.”

Teken in op Grond tot Mond en staan’ n kans om hierdie besonderse boek oor Suid- Afrikaanse Sauvignon Blanc te wen.

B’ s en V’ s geld.
Skandeer hier
114 GROND TOT MOND JUN 2026