DIE BOEKEBLAD
Die boek is by verskeie wynkelders in die Wes- Kaap beskikbaar, van Constantia, Durbanville en Paarl tot Elim, Hermanus en die Sederberge. Dit is ook by Paul Roos Wine Stellenbosch Tops beskikbaar en kan aanlyn bestel word by sauvignonblanc. com, met aflewering via PostNet na PostNet. Navrae kan aan info @ sauvignonblanc. com gerig word.
Nuwe boek boei met 100 Sauvignon Blanc-stories
The Story of South African Sauvignon Blanc, die eerste boek wat die volle verhaal van plaaslike Sauvignon Blanc vertel, is onlangs bekend gestel. Die koffietafelboek van 248 bladsye bevat pragfoto’ s, wynmakersprofiele en insigte oor die uiteenlopende style wat Suid-Afrikaanse Sauvignon Blanc so gewild maak.
112 GROND TOT MOND JUN 2026