DEUR DIE LENS
Peertjie hou noukeurig rekord van sy opbrengste. In goeie jare het hy meer as 3 t / ha geoes, maar in swak jare het dit tot 1,4 t / ha gedaal.
“ Jy kan maar vergeet dat jy teen 2,5 t / ha kan boer, veral as jy skuld het. Ons het elke jaar’ n bogemiddelde oes nodig.”
Die skaapvertakking help om die boerdery deur moeiliker jare te dra. Volgens Peertjie lewer die kudde jaarliks meer as R2 miljoen en bly dit daarom’ n belangrike deel van die onderneming. Sy twee seuns, Jacques en Piet, is albei werktuigkundiges en wil uiteindelik plaas toe kom. Peertjie se doel is om’ n sterk genoeg besigheid te bou waarin albei’ n toekoms kan hê.
JUN 2026 GROND TOT MOND 11