Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 10

DEUR DIE LENS

Peertjie Liebenberg van De Hoek buite Piketberg boer op sowat 2 000 ha, met koring as die kern van sy onderneming en’ n Dohne Merino-kudde wat belangrike finansiële ondersteuning bied.

Hy plant jaarliks ongeveer 1 100 ha koring, met hawer, gars en lupiene in wisselboustelsels. Die veevertakking bestaan uit sowat 1 400 ooie en 500 vervangingsooie.

Met net een bestuurder en agt werkers doen die span feitlik alles self. Peertjie en sy bestuurder, Abraham Visser, werk self op die trekkers en stropers en hanteer die grootste deel van die bewerkings en oeswerk.

Die boerdery het oor twee dekades sterk gegroei, maar die druk op graanprodusente bly groot. Insetkoste soos brandstof, kunsmis en chemikalieë het skerp gestyg, terwyl koringpryse nie in dieselfde mate verbeter het nie. Wisselvallige oeste maak kontantvloei en skuldbeheer verder uitdagend.

10 GROND TOT MOND JUN 2026