Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 105

NETTE

Netting Infrastructure Guidelines and Standardsinisiatief, bekend as FINIGAS. Die doel is om met ontwerp, konstruksie en gehalte-beheer te help sodat die produsent die regte produk vir die regte doel kry en die risiko van strukturele skade en oesverliese beperk word. Die dokument help produsente om seker te maak dat kwotasies die vereistes van’ n netstruktuur behoorlik uiteensit. Dit beklemtoon ook dat elke projek by die betrokke terrein, gewas, klimaat, grondtoestande en ander plaaslike omstandighede moet pas.

R351 861 / ha Die geraamde koste van’ n plat antihael-netstelsel per hektaar, volgens’ n Hortgro-kostetabel vir nette.

Onderhoud hoort by dieselfde gesprek. Gereelde visuele inspeksies ná swaar weer, die nagaan van kabelspanning, pale en ankers, en die aanteken van swak punte kan help om probleme vroeg raak te sien. Met’ n bate van hierdie omvang is voorkoming baie goedkoper as herbou. Lees of laai die volledige dokument af hier: bit. ly / 4fGOGX7

NETTE, VERSEKERING EN ONDERSTEUNING

Versekering bly deel van goeie beplanning. Andries Wiese van Hollard wys daarop dat nette en versekering verskillende rolle speel. Nette kan die risiko van skade verminder en vruggehalte verbeter, terwyl versekering‘ n tweede verdedigingslyn bied wanneer‘ n skielike, onvoorsiene gebeurtenis verliese veroorsaak.

JUN 2026 GROND TOT MOND 105