NETTE
Die waarde lê daarin om die twee saam te beplan. Nette is‘ n risikobestuursmiddel. Versekering is‘ n manier om die oorblywende risiko te verskans. Saam vorm dit deel van‘ n groter plan om produksie en besigheidskontinuïteit te beskerm. Die moderne netgesprek begin dus by‘ n beter vraag as bloot:“ Wat kos dit?” Die vraag is eerder:“ Wat het hierdie blok nodig, watter risiko wil ek bestuur, en watter stelsel gaan oor tien jaar nog staan en werk?”
10 – 15 jaar
Die verwagte leeftyd van’ n drapeernet met behoorlike sorg, volgens Hortgro se kosteinligting oor nette.
GEBOU VIR DIE VOLGENDE SEISOEN
Goed beplande beskermingstelsels gee produsente meer beheer oor lig, wind, hitte, vog, vruggehalte en oestyd. Dit kan die erns van skade beperk, pakuit verbeter en help om die waarde te beskerm wat oor jare in‘ n boord opgebou is. Die sterkste argument vir nette lê dikwels in die daaglikse wins: skoner vrugte, minder sonbrand, beter waterbenutting, meer konstante gehalte, minder voëlskade, beter pakuit en‘ n oes wat nader aan sy volle potensiaal by die mark uitkom. Die weer bly deel van boerdery. Produsente kry egter al meer maniere om met minder aan die toeval oorgelaat te boer.
106 GROND TOT MOND JUN 2026