Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 102

NETTE

Weerstasies binne en buite die nette help die plaas om die mikroklimaat beter te bestuur. Waterbestuur onder nette kan ook die tonnemaat per kubieke meter besproeiingswater verbeter. Vir bloubessieprodusent Van Zyl de Wet, ook in die Robertson-distrik, maak nette die mikroklimaat sagter deur die felheid van son en wind te verminder. Hy skat dat plantgroei onder nette met ongeveer 15 % verbeter, en sê dit beperk ook skade deur wind, sonbrand, insekte en voëls.

ELKE BLOK VRA SY EIE PLAN

‘ n Suksesvolle netprojek begin by die blok self. Grondtipe, windrigting, helling, gewas, rywydte, toegang vir masjinerie, watertafel en kultivarvereistes speel alles‘ n rol in die ontwerp.

Onder: Beskermingsnette vorm deel van Denné Strydom van Giraffe se produksiestrategie in die Krakeelrivier-omgewing, waar verskillende netstelsels, kleure en skadufaktore volgens elke kultivar se behoeftes gekies word.

102 GROND TOT MOND JUN 2026