NETTE
NETTE AS PRODUKSIEHULPMIDDELS
Die groot skuif in denke is dat nette nie meer net as beskerming gesien word nie. Ja, dit help teen hael, voëls, wind en sonbrand, maar dit skep ook‘ n beter omgewing waarin die gewas kan presteer. Prof. Leon van Rensburg, voormalige direkteur van Omgewingswetenskappe en-bestuur aan die Noordwes- Universiteit en uitvoerende hoof van Summer Grow, sê die keuse van skadunet, insluitend digtheid en kleur, moet by die fisiologie van die gewas en die natuurlike beperkende faktore van die produksiegebied pas. Met ander woorde: die net is terselfdertyd‘ n fisiese skild en‘ n produksiehulpmiddel. Op plaasvlak kan die verskil groot wees. Jan Rabie van Habata, wat in die Robertson-omgewing met tafeldruiwe en sagte sitrus boer, het 120 ha tafeldruiwe en 180 ha sitrus onder nette. Hy sê die pakuit van sy sagte sitrus onder nette is sowat 75 % tot 90 % beter as in oop boorde.
Onder:’ n Panoramiese uitsig oor Habata buite Robertson, waar tafeldruiwe onder nette verbou word as deel van’ n breër produksie-strategie om uitpakresultate te verbeter, water doeltreffender te gebruik en weerrisiko te verminder.
JUN 2026 GROND TOT MOND 101