Grond tot Mond Junie 2026 - Uitgawe 36 | Page 100

NETTE

Bo: Beskermende plastiekstroke oor die wingerde by Kanetvlei vorm deel van die plaas se reënrisikostrategie en word ná die seisoen versigtig weggepak vir hergebruik.

Robert Brown van Kanetvlei in Orchard stel dit eenvoudig:“ Ons moet kyk na iets wat reën kan hanteer.” Volgens Brown dwing reën tydens oestyd produsente om vinnig en baie noukeurig te werk. Korrels kan split of beskadig raak, en trosse moet dan met ekstra sorg gesny en hanteer word. By Kanetvlei word nette en plastiek reeds oor wingerde gebruik om druiwe teen reën te beskerm. Die nette help ook om hael van die plastiek af weg te hou. Die plastiek word effens hoër bo die wingerd aangebring sodat daar steeds lugbeweging is. Dit is‘ n duur stelsel, sê Brown, maar dit het‘ n belangrike deel van hul risikobestuur geword. Hy sien plastiek ook as meer as net‘ n reënjas. By Kanetvlei het dit‘ n positiewe uitwerking op kleur, groei en opbrengs gehad, veral by Autumn Crisp, en dit help om die oesvenster later te skuif.

100 GROND TOT MOND JUN 2026