BROKKIES | NUUS
brandstofverbruik.“ Om eerstehands te sien en voel waartoe die 9RX in staat is, was ongelooflik,” het hy bygevoeg. Tydens die demonstrasie het Hein Nel agter die stuur van die 9RX830 ingeskuif. Hy was duidelik beïndruk:“ Daar is eenvoudig nie woorde om te sê hoe dit voel om dié trekker te bestuur nie. Die krag is van so aard dat jy skaars kan voel as hy begin werk.”
Tyd, tegnologie en doeltreffendheid
Volgens Debbie Bester, uitvoerende hoof van Senwes, kan hierdie soort tegnologie’ n ware verskil maak op die plaas – veral in tye waar tyd teen die boer werk.“ In seisoene soos die huidige een, waar die strooptyd weens laat reën aansienlik verkort is, is tyd’ n kritieke hulpbron. Die 9RX830 bring doeltreffendheid en krag na die plaas soos min ander masjiene dit kan doen.”
Stephan Gouws van John Deere het beklemtoon dat die 9RX830 die resultaat is van jare se tegnologiese vordering, presisieboerdery en slim meganiese ingenieurswese. Elke aspek van John Deere se ontwik-keling het bygedra tot die ontstaan van’ n masjien wat werklik ontwerp is vir grootskaalse produktiwiteit én kostebesparing.
JUN | JUL 2025 GROND TOT MOND 47