Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 91

NUUS | BROKKIES

Senwes en Senwes Equipment het op 19 Junie 2025 letterlik en figuurlik nuwe spore in Suid-Afrikaanse landbou gelos toe die indrukwekkende John Deere 9RX830 op die plaas Soetlaagte buite Bothaville aan boere van Sentraal-Suid-Afrika bekendgestel is.

Dié demonstrasiedag het gewys hoe Senwes aktief oplossings na vore bring waar tegnologie, werksverrigting en praktiese ondersteuning saamkom in diens van die moderne boer.

Grootste John Deere op die kontinent

Die 9RX830 is nie net die enigste een van sy soort in Suid-Afrika nie, maar ook die grootste John Deere-trekker wat nóg op die kontinent gebruik is. En soos verwag, het dié masjien onmiddellik die aandag getrek – nie net weens sy indrukwekkende afmetings nie, maar ook oor sy buitengewone werkvermoë.

Azer Nel, eienaar van Soetlaagte, het gesê dit was’ n voorreg om die trekker vir’ n week op sy plaas te hê. Hy het self ervaar hoe die 9RX die werk van twee trekkers verrig, en dit boonop met verminderde

46 GROND TOT MOND JUN | JUL 2025