Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 90

OAKBERRY HILL | BLOUBESSIES

Bianca en haar man Cobus is die afgelope vier jaar op die plaas. Sy het voorheen haar eie houtwerkonderneming bedryf waarmee sy vir 15 jaar kombuis en kamerkaste gebou en geïnstalleer het. Cobus is’ n projekbeplanner in die mynbedryf en werk tans oorsee in Indonesië waar hy vir agt weke werk en dan weer vir drie weke huis toe kom. Dit neem hom altesaam 52 uur op vier verskillende vlugte om hier uit te kom.

“ Ooit gedroom om’ n boer te word, ek? Nog nooit,” vertel sy laggend en verwys na haar pa wat haar in’ n tegniese skool wou laat leer het. Iets waaroor sy vandag nie spyt is nie, want sy is baie tegnies.

BESSIES BO SKAAP

“ Dis Cobus wat nog altyd wou boer en sy pa se droom van skaapboer word wou uitleef. Die grond was egter nie goed geleë vir’ n veeboerdery nie en nou is dit die bloubessies. Hulle het gereeld op Jeffreysbaai vakansie gehou en het in die Langkloof na twee stukke grond kom

Bianca Swart saam met haar dogter Daniella, langs Jan Schoeman( streekbestuurder vir Agrimark Packaging Kouga).