Grond tot Mond Jun/Jul 2025 Uitgawe 28 | Page 53

VOLHOUBAARHEID | WOODLANDS DAIRY

Koeie is klaarblyklik hoogs sosiale diere wat floreer met respek en sorg. Wanneer hulle goed behandel word, lewer hulle beter melkopbrengste,‘ n beginsel wat Woodlands Dairy in Humansdorp, Oos-Kaap, oor 30 jaar geslyp het. Maar dit is nie net die koeie wat floreer nie- Woodlands het‘ n sirkulêre stelsel geskep wat elke aspek van die besigheid en samelewing ophef, van diere en mense tot die aarde self.

DIE HART VAN DIE BEDRYF: BILLIKE BEHAN- DELING REGDEUR

Die koeie kry’ n gebalanseerde dieet waar hulle vry wei op aangeplante lande. Lloyd Lovemore, plaasbestuurder, verduidelik:“ Die gras hier is sag, met’ n 46 % NDF( nieverteerbare vesel), wat beteken 46 % gaan deur, terwyl die res hulle voed. Soos dit later in die jaar taai word tot 65 % NDF, hou daardie‘ krap-faktor’ hul mae gesond en verhoed dit lopende maagprobleme. Ons maak ons kampe‘ oop’ deur hawer en raaigras te plant, en bring koeie van harde na sagte weivelde om hul dieet te balanseer en die behoefte aan konsentrate te verminder.”