WOODLANDS DAIRY | VOLHOUBAARHEID
Die diere, reeds vir die dag gemelk, staar nuuskierig terug. Hul ontspanne houding is’ n duidelike bewys van hul gemak en vertroue. Anders as vee in voerkrale, wat gewoonlik vir vreemdelinge weg-vlug, bly hierdie koeie gefokus— byna asof hulle die aandag geniet.
By die melkery verduidelik Hein Janse van Rensburg, melkery bestuurder, dat die koeie twee keer per dag gemelk word.
“ Hulle is gewoontediere, dus hou ons dit konsekwent, dieselfde tyd elke dag. Hulle kom na die hek en wag om gemelk te word. My personeel is opgelei om sag met hulle te wees. Elke koei het‘ n unieke ID-merker, en met daardie tegnologie kan ons op die rekenaar sien watter tyd sy gemelk is, hoeveel liter sy gegee het, hoeveel kos sy toegedeel is en hoeveel sy geëet het. Oor‘ n week wissel die melktyd met net twee of drie minute. Jy sal ook sien hoe koeie in dieselfde groepe van vier of vyf beweeg- maats wat saam grootgeword het, bly naby mekaar, wag selfs vir mekaar as iemand agterbly.”