Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 94

GOEDE HOOP SITRUS

“ Die welstand van ons personeel bly’ n kernprioriteit en deur ons betrokkenheid by’ n plaaslike nieregeringsorganisasie, Action for Community Transformation( ACT), stel ons’ n gekwalifiseerde maatskaplike werker vir alle personeel van Goede Hoop Sitrus beskikbaar. Hierdie diens bied ondersteuning op persoonlike, sosiale en gesinsvlak en dra by tot’ n gesonde en produktiewe werksomgewing.

“ Deur plaaslike skole en gemeenskapsinisiatiewe te ondersteun, belê ons in Citrusdal se toekoms.”

“ Dit verseker breër gemeenskapstransformasie deur projekte in die Citrusdal-omgewing, soos’ n sopkombuis wat etes vir plaaslike kleuterskole voorberei,’ n vaardigheidskool en Sterretjies,’ n skool wat na kinders met spesiale behoeftes omsien. Tydens die onlangse vloede het die ACT-kombuis warm etes aan gemeenskapslede wat deur die vloede geraak is, verskaf.”

0 GROND TOT MOND JUL 2026