Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | страница 95

GOEDE HOOP SITRUS

Bo: Tegnologie speel’ n belangrike rol in die verpakking van sitrus en verhoog produktiwiteit in die pakstoor.

DIE FONDAMENT VIR DIE VOLGENDE EEU

André sluit af:“ Dit is belangrik dat die reis nie net oor kommersiële groei gegaan het nie. Goede Hoop Sitrus het ook in 2006 eienaarskap en deelname binne die besigheid verbreed, wat geleenthede vir werknemers geskep het om aandeelhouers en bydraers tot die toekomstige sukses daarvan te word.

“ Terwyl ons 100 jaar vier, is ons fokus nie net op waar ons vandaan kom nie, maar op waarheen ons op pad is. Die grootste huldeblyk wat ons aan diegene wat Goede Hoop Sitrus gebou het, kan bring, is om te verseker dat die besigheid relevant, verantwoordelik en mededingend bly vir die volgende generasie.”

JUL 2026 GROND TOT MOND 95