Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 93

GOEDE HOOP SITRUS

Bo: Goede Hoop Sitrus se hoofkantoor is op Citrusdal. Die maatskappy vier vanjaar 100 jaar in die bedryf.

“ Iets wat uitstaan wanneer jy met hulle besigheid doen, is die lojaliteit wat hulle teenoor hul produsente, maar ook teenoor hul werknemers, toon. Dit is vir hulle belangrik om aan die gemeenskap terug te gee en daarby betrokke te wees. Indien hulle nie meer hier sou wees nie, sou dit’ n groot leemte in die dorp laat,” sê Lubbe.

MENSE BLY DIE KERN VAN DIE ONDERNEMING

Volgens Nico Smuts, menslikehulpbronbestuurder van GHS, fokus die maatskappy as deel van sy maatskaplike en sosiale investeringsprogram op plaaslike en omliggende skole waar personeel se kinders skoolgaan, sowel as plaaslike kerke en gemeenskapsinisiatiewe.

JUL 2026 GROND TOT MOND 93