Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | Page 92

GOEDE HOOP SITRUS

“ Goede Hoop Sitrus se mense is altyd gereed om te help. Of dit nou met verpakking, bemarking of tegniese raad is, hulle is altyd bereid om die pad saam met ons te stap. Ook in die jare wanneer dit moeilik gaan, is hulle daar om ons te ondersteun. Almal werk saam en dit is nie bloot’ n groep individue wat elkeen sy eie pad loop nie. Die regte mense is aan die stuur van sake en ons as produsente is nie net nog’ n nommer nie.”

“ Dit strek nou oor drie generasies en ons is baie tevrede met die diens wat ons ontvang.”— Nicolai Lubbe

Lubbe meen Goede Hoop Sitrus speel’ n enorme rol in die sitrusbedryf en veral in die Citrusdal-omgewing.

“ Ons lewer reeds sedert ons die eerste keer sitrus begin verbou het aan GHS. Dit strek nou oor drie generasies en ons is baie tevrede met die diens wat ons ontvang. Hulle gee baie om vir hul produsente en is uitstekend in dit wat hulle doen, naamlik sitrusverpakking.”

0 GROND TOT MOND JUL 2026