Grond tot Mond Julie 2026 - Uitgawe 37 | страница 91

GOEDE HOOP SITRUS

dat elke karton vrugte die resultaat is van maande se harde werk, voorbereiding, belegging en toewyding op plaasvlak. Daarom behandel ons elke vrug asof dit ons eie is. Wanneer’ n produsent sy vrugte by GHS laat verpak, maak hy van’ n span gebruik wat omgee vir sy produk, sy besigheid en sy sukses,” meen Wayne.

PRODUSENTE GETUIG VAN LOJALITEIT

Die langtermynverhoudings wat Goede Hoop Sitrus met sy produsente opgebou het, word weerspieël deur produsente soos Dirk Olivier van Olivier Broers en Nicolai Lubbe, direkteur van Lubbe Sitrus, wie se families reeds drie geslagte lank hul sitrus aan GHS lewer.

“ Ons is lojaal teenoor GHS, maar nog belangriker is dat hulle ook lojaal teenoor ons staan. Dit geld vir die ander produsente wat van hul dienste gebruik maak,” sê Olivier.

Bo: Elke karton word geregistreer om die naspeurbaarheid van elke produk en produsent te verseker.

JUL 2026 GROND TOT MOND 91