GOEDE HOOP SITRUS
Bo: Lemoene word in die eerste inspeksiestasie oopgesny om die gehalte te bepaal.
Grootte-, verpakking- en kwaliteitsvereistes word deur individuele markte en ontvangers bepaal, terwyl supermarkprogramme dikwels strenger standaarde as die statutêre minimum vereis.
Na goedkeuring word die verpakte vrugte na die aangewese koelkamers in die Kaapse hawegebied vervoer, waar dit onder beheerde temperatuurtoestande gestoor word totdat dit na die hawe verskuif en op skepe gelaai word vir uitvoer na internasionale markte. Dit is moontlik vir die pakhuise om in’ n skof van 9 h tot 1 100 t vrugte te hanteer.
“ Getrou aan ons maatskappy se kernbeginsels verpak ons nie net vrugte nie; ons bou vennootskappe. Ons verstaan
90 GROND TOT MOND JUL 2026